Monday 4 August 2014

Kontak

Die eerste keer toe jy my lewe  binnegestap het, het ek reeds die verbasing in jou oĆ« gelees. Jy het skrams na my geloer en 'n effense frons het verraai dat jy met 'n andersoortige belewenis gekonfronteer was - iets waarmee jy nie vertroud was nie, maar tog het dit 'n hunkering binne jou, aangespreek ...


Ons het die dae soos 'n brose vlinder in die handpalm vertroetel. Sporadies het brokkies herkenning deurgebreek, 'n besef dat daar 'n wedersydse waardering was vir 'n spesiale iets, wat 'n lankgevoelde behoefte en verlange, na die oppervlak gebring het. Een na die ander het gemeenskaplikhede deurgeskemer - en dit het die band versterk.


Na 'n jaar of wat, was die daaglikse kontak 'n reddingsboei wanneer die dae meedoƫnloos geslaan het. Sonder veel woorde, het selfs net die wete dat jy daar was (en ek vir jou), 'n impuls van 'sien-kans-vir-die-dag' verskaf.


Hoe het alles dan so skielik tot 'n einde gekom ?! Hierdie jy-lose dae louter my, probeer my sonder jou laat voortstu, maar ek dryf ankerloos rond ...


Ek moet bieg: ek het male sonder tal al probeer om die herinneringe te besweer, om alles aan jou en om jou en van jou, van my weg te stoot. Alles tevergeefs, my vriend - alles tevergeefs.


Dis net 'n stille wegkwyn in die donker woestyn van innerlike pyn ....